Terug Na Hoof Nuus Blat

Kar Lisensie Chaos - WEER

iconRissiepit(3 bydrae)
5 Mar  |  (Kategorie : Algemeen - Suid-Afrika)
Kar Lisensie Chaos - WEER

Groot veranderings in die SA voertuig en bestuurder lisensie stelsel en 'n groot agterstand by verkeersdepartemente ens veroorsaak 'n probleem wat nou epiese proporsies bereik het.

Die Automobiel-Assosiasie (AA), sê dit ontvang talle navrae in verband met hierdie probleem.

AA het gesê: "As ons Maart 2016 betree, is daar nog nie 'n duidelike uiteensetting van die voortdurende vertragings met betrekking tot die uitreiking van voertuig lisensie skyfies."

"Dit is 'n probleem wat verband hou met die nie-uitreiking van voertuig lisensie hernuwing briewe per pos." sê die AA.

Terwyl die owerhede stil is oor die getalle, die grootste deel van motoriste wat moet lisensie hernuwing briewe ontvang het nog niks gekry het nie.

Dit bemoeilik die uitreiking van nuwe lisensie skyfies, en veroorsaak dat onnodige vertragings by lisensiëring owerhede voorkom want nou moet motoriste 'n hernuwing dokument in die hande kry en per hand voltooi voordat hulle die dokument kan indien.

Dit is 'n proses wat voorheen deur die uitreiking van die hernuwing vorm met al die relevante besonderhede klaar op die vorm gedruk was.

Volgens 'n skriftelike antwoord deur SAPO: "Ons ervaar geïsoleerde voorvalle waar die eNaTIS netwerk tydelik af is, en elke keer is Tasima in kennis gestel om die tegniese probleem aan te spreek."

'Die voertuig vernuwing prosesse werk op 'n aparte IT platform by die SA Poskantoor."

"Die SA Poskantoor het nie die volumes van motoriste wat hul voertuiglisensies wil hernu verwag nie."

En daar het jy dit !!!

Die Departement van Vervoer wil hê dat die Poskantoor die uitreiking van ligsensies moet oorneem maar die eNaTIS stelsel werk nie saam met die Poskantoor se stelsel nie.

En om dit erger te maak, is die eNaTIS stelsel aan die koffie baaie keer en glo lankal en wanneer die poskantoor se mense dit probeer gebruik werk dit nie.

Daardie is nie die Poskantoor se probleem nie - dit is die Departement van Vervoer se probleem.

Maar wat van die "volumes van motoriste" wat nou oorgepraat word?

Het iemand gedink dat daar net 'n paar duisend motors in Suid Afrika is?

In my woongebied is daar meer as 'n duisend voertuie - wat van die res van die land?

En in die proses kan ek nie my motor se ligsensie hernu nie. Wat beteken dat as ek my motor op die pad ry om werk toe te gaan oortree ek die wet.

Baie dankie Departement van Vervoer - julle maak van my 'n krimineel!!!

Google+
 ePos
 Twitter
 Facebook
icon

Kommentaar

icon
MalMan
Ag man - dit is net nog iets wat nie meer werk nie

 

Nuus

Praatnet verander

ZUMA Inc. ZUMA FAMILY NEPOTISM

The DA have refused to attend the debate.