Terug Na Hoof Nuus Blat

Oscar Pistorius - die wed MOET verander

iconRissiepit(3 bydrae)
4 Mar  |  (Kategorie : Misdaad - Suid Afrika)
Oscar Pistorius - die wed MOET verander

Wanneer Oscar Pistorius deelgeneem het in die Paralimpiese Spele was hierdie verslaggewer een van talle Suid-Afrikaners wat hard vir hom geskee het.

Hier was 'n jong man met 'n ernstige fisiese gestremdhede en hy die wêreld se nommer een.

Hy het 'n pragtige verloofde, hy lyk soos 'n trotse jong man aan die begin van 'n lewe wat soveel belofte gehou het - 'n ware rol model wat toon dat dit nie saak maak wat jou omstandighede is, jy kan uitstyg bo hulle en slaag.

En dan skiet hy haar koelbloedig op Valentynsdag.

Toe begin ons die die werklike Oscar Pistorius sien - die Oscar Pistorius wat gedoen het soos hy wou, geen bekommernisse met die gevoelens en veiligheid van ander gehaad het en wat 'n pragtige onskuldige jong vrou doodgeskiet omdat hy ontsteld met haar was.Toe begin ons uit te vind wie die werklike Oscar was - die Oscar wat geweer mal was, die Oscar wat geskiet in die vloer van 'n restaurant net vir die pret en nooit gedink het oor die beserings wat ander mense rondom hom kon opdoen weens die skrapnel nie, die Oscar wat wapens afgevuur het uit die son dak van 'n motor terwyl dit in die pad af gery het.

In die hof was daar allerhande gehuil oor die feit dat hy jammer was, dat hy liggaamlik gestremde was, dat sy lewe aan flarde was en dat die hof maklik op hom moet gaan.

En die hof het hom 'n vonnis van 5 jaar gegee waarvan hy net een in 'n hotel tronk moes deurbring.

'n Skande!!!

Die regte van die misdadiger is gehandhaaf - maar wat van die regte van die slagoffer?

Wat van die regte van Riva Steenkamp en haar familie?

Baie mense dink dat Riva uiteindelik genoeg gehad het van sy nonsens en die argument wat plaasgevind het geëindig toe sy hom vertel dat sy met hom opbreek.

In die kop van 'n narcissus, wat baie mense glo Oscar is, is 'n ander persoon nie toegelaat om dit te vertel wat hy nie oor saamstem nie, en wanneer dit gebeur dan is die narcis persoonlikheid dikwels genyg om onbeheerbare woede te voel en dan kan enigiets gebeur.

En toe is Riva Steenkamp dood op 'n toilet.

Maar in die hof het die verdeedeging die "inbreker" storie vertel wat nou nie gewerk het nie, dus kon hull nou nie in die middel van die saak nou sê dat hy wat Oscar is "geestelike probleme" gehaad het nie.

Sy hele verdeediging sou inmekaar gestort het. Hulle kon nie nou so iets gesê het nie.

Maar weer, wat van die regte van Reeva Steenkamp die slagoffer?

Het Reeva Steenkamp en haar familie geregtigheid gekry?

Dit is nog 'n geval waar die regte van die misdadiger meer belangrik beskou word as die regte van die slagoffer!

Op appèl is die oorspronklike aanklag van strafbare manslag omgekeer en opgegradeer na moord toe.

'n Klein oorwinning vir die regte van die slagoffer, Reeva Steenkamp.

So hy hy wat Oscar is, wat 'n narcis moordenaar is, gaan meer tyd in 'n hotel tronk deurbring.

DIT IS NIE REG NIE !!!

Oscar het geweet dat hy liggaamlik gestremde was voordat hy Reeva Steenkamp vermoor het, hy moet nie toegelaat word om eenige spesiale voorregte te vra of te eis nie.

Hy moet in 'n algemene tronkbevolking geplaas sonder enige spesiale behandeling hoegenaamd nie. Hy is die misdadiger en moet vat wat na hom toe kom.

Na alles, waar is die slagoffer? Waar is Reeva Steenkamp?

Sy is in 'n kis, in 'n koue graf en gemis word deur almal wat geraak is deur haar warm persoonlikheid.

En dit is nie reg nie !!!

Google+
 ePos
 Twitter
 Facebook
icon

Kommentaar

icon
MalMan
Kriminele kom weg daarmee - die "arme ek" storie

 

Nuus

Praatnet verander

ZUMA Inc. ZUMA FAMILY NEPOTISM

The DA have refused to attend the debate.