Terug Na Hoof Nuus Blat

TUT #OutsourcingMustFall uitgeskop

iconRissiepit(3 bydrae)
8 Mar  |  (Kategorie : Politiek - Suid-Afrika)
TUT #OutsourcingMustFall uitgeskop

Die gedwonge verskuiwing van studente by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) laat Maandagaand was onaanvaarbaar sê 'n #OutsourcingMustFall beweging amptenaar.

Woordvoerder Vusi Mahlangu het gesê dat studente met geweld verwyder word deur gewapende sekuriteit beamptes.

"Dit is 'n absolute chaos. Daar het skade aan eiendom voorgekom en dit is eerlik 'n slegte situasie op die oomblik. Ons veroordeel die aanval van studente in die middel van die nag en noem die sluiting van die kampus deur die bestuur kinderagtige. Hulle het altyd terugval op die sluiting van die kampus, "het Mahlangu gesê.

Maar wat verwag Vusi Mahlangu dan anders?

Elke keer dat daar 'n kleing minderheid studente hulle onderklere in 'n knoop kry dan is daar 'n protes aksie, ander studente word geïntimideer, klasse is ontwrig, eiendom beskadig of vernietig en studente wat goeie geld betaal het om opgelei te word ontneem van hul opvoeding.

Die reg om te protesteer is een ding maar niemand het die reg om eiendom te vernietig of om ander studente te intimideer tot die punt waar hulle beroof word van hul opvoeding.

Sodra vernietigende of kriminele aktiwiteite plaasvind dan is die reg om te protesteer is nie meer geldig nie - maak nie saak wat die oorsaak van die optreeding is nie.

Hoekom is dit dat eenige verskoning goed genoeg is vir 'n klein groepie studente en hul buite aanstigters totaal amok te raak?

Hoekom word die buite aanstigters op die kampus toegelaat in die eerste plek?

Hoekom is die gewelddadige en vernietigende individue nie summier uitgegooi uit die Universiteit of leerinrigting nie?

Beter vraag: Hoekom is hierdie plunderaars nie agter tralies nie?

Daar is genoeg foto's en video-knipsels op die internet om die kriminele elemente te identifiseer, veral die hoof aanstigters.

Hoekom is hulle nog nie vervolg nie?

Dit is nie die taak van die universiteit om aanklagte teen hierdie misdadigers te plaas nie, dit moet gedoen word deur die polisie of miskien die sekuriteits afdeeling - omseil eenvoudig die universiteitsbestuur want hulle is geïntimideer om ander kant to te kyk.

Kom ons kyk wat gebeur as hierdie misdadigers probeer om hul ding te doen by 'n polisiestasie.

Google+
 ePos
 Twitter
 Facebook
icon

Kommentaar

icon
MalMan
xdfgzxdvxczcv

 

Nuus

Praatnet verander

ZUMA Inc. ZUMA FAMILY NEPOTISM

The DA have refused to attend the debate.