Terug Na Hoof Nuus Blat

Trump:I will arrest Mugabe and Museveni

iconRissiepit(3 bydrae)
6 Mar  |  (Kategorie : Politiek - Internationaal)
Trump:I will arrest Mugabe and Museveni

Amerikaanse besigheid biljoenere Donald Trump sit Zimbabwiese president Robert Mugabe en Uganda President op kennis en het belowe om hulle genadeloos te vervolg waneer hy president van Amerika word.

Trump het gepraat by 'n oorlogsveterane vergadering in Washington DC. Hy het ook gewaarsku dat ander soos gestemde diktators wat wil aan bewind sterf se tyd is ook op en dit is net 'n kwessie van tyd voordat hulle geregtigheid in die gesig staar.

“I want to reiterate here before America’s greatest heroes that I will not condone any dictatorial tendencies exhibited by dictators around the world especially the two old men from Zimbabwe and Uganda”

“Mugabe and Museveni must be put on notice that their days are numbered and that I am going to arrest them and lock them in prison. If the past American administrations have failed to stop these two despots, I will personally do it”

“Mugabe and Museveni have given the world enough troubles and its about time someone puts to an end all these madness for peace to prevail” het Trump ook gesê.

OK Suid Afrika - Daar het jy dit - Donald Trump en die Amerikaaners sal almal kom red.

Maar voodat iemand begin party hou hieroor dink net hoe werk Amerikaanse inmenging en hoekom hulle dit doen.

Amerika wil hê dat almal moet dink dat hulle grootste en mees belangrikste uitvoer "Demokrasie", "American Democrasy" is.

Maar hulle lieg!!! Hulle grootste uitvoer produkte is wapens, dood en verwoesting, en natuurlik kak praat - hulle is baie goed met die kak praat om hul werklike doelwitte te bedek.

Hier is 'n paar van die lande wat Amerika probeer het om hulle "demokrasie" in die kele van die mense af te dwing:

Cuba : In 1959 het Casto die land oorgeneem. Die Amerikaanse regering het aanvanklik gunstig reageer op die Kubaanse revolusie, dit was 'n deel van 'n beweging na demokrasie in Latyns-Amerika.

Maar toe het Castro die fout gemaak om al die hotelle, besighede en veral casinos te nasionaliseer, alles die het aan Amerikaanse maatskappye (casinos aan die Mafia) behoort.

Kennedy het sterk bande met die sake-elite gehaad, sommige sê die Mafia ook, en hy het die "Bay of Pigs" aanval van stapel gestuur. Dit was 'n totale ramp en Castro het Amerika 'n snotklap gegee.

Soos alle boelies, Amerika wou om terug te slaan, maar Castro het die Sowjet-Unie om hulp gevra wat Amerika die gebruik van sy militêre verhoed het "om Casto 'n les te leer".

In Mei 1962 was daar die "Kubaanse Missielkrisis" wat so ernstig was dat sommige dit beskou het as die begin van die Derde Wêreldoorlog op daardie stadium.

Maar Amerika het 'n groot les geleer. In die toekoms wanneer hulle 'n ander land wil aanval dan moet hulle 'n goeie verskoning hê om dit te doen - selfs al is die verskoning 'n totale leuen was.

Die grootste van hierdie leuns was Bush se "wepons of mass destruction" liegstorie wat Amerika as 'n verkooning gebruik het om Iraq en Sadam Hussein aan te val in 2003 wat gelei het tot die dood van Hussein, die instorting van wet en order in Irak en die geboorte van ISIL.

Met Cuba was dit 'n saak van "Volg die geld", daarna is dit of "Volg die wapens en ammunisie" of meer waarskynlik "Volg die olie", baie keer is dit 'n mengsel van al drie.

Onthou maar dat wapens, ammunisie, olie, enige grond minerale is alles die moeite werd want dit is 'n klomp geld.

Nou kyk na Irak, verskeie lande in Noord Afrika en die Midde Ooste, Nigeria (Amerikaanse maatskapeie is lankal daar aan die gang), Amerika vaar daarin met hulle "Democrasy" en kort daarna die land is aan flarde, Amerikaanse maatskappye besit al die mineraalregte, Amerikaners verskaff wapens aan beide kante en miljoene onskuldige mense sterf.

En Trump belowe dat Zimbabwe en Zambia sal 'n dosis van "Amerikaanse demokrasie" kry as hy in bewind kom.

En volgende jaar?

Dan is dit die beurt van Botswana, Mozambique, Angola, Lesotho EN SUID-AFRIKA om die "Amerikaanse democracy" pil te sluk.

Die lande sal binnegeval word met die Amerikaaners se einddoel van die lande bates te steel.

Kyk - Suid-Afrika het probleme - ernstige probleme - MAAR dit is Suid-Afrikaners wat nodig het om hierdie probleme op te los - niemand anders kan dit vir ons doen nie - veral as dit 'n invallende leër is, maak nie saak wat hulle verskoning is nie.

Almal weet dat as twee broers mekaak donder moet jy nou nie probeer om tussen hulle te kom nie want nou nou het jy te doen met al tweedie broers.

Alle mense van Afrika deel 'n gemeenskaplike band - ons is van Afrika!

Ja ons stry soos boeties, sussies, neefies en niggies maar as iemand van buite af probeer inmeng dan kry jy vir "ons".

So meneer Trump, ons mense van Afrika van alle rasse en erfenisse sal jou oranje bakkie pot blou moer as jy dit probeer.

Google+
 ePos
 Twitter
 Facebook
icon

Kommentaar

Geen kommentaar nog nie - wees die eerste !

 

Nuus

Praatnet verander

ZUMA Inc. ZUMA FAMILY NEPOTISM

The DA have refused to attend the debate.